Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
- Indexed episodes, last 90 days
- 11
- Latest publication
- Sep 16, 2026
- Audience
- Checking…
- Earliest in this view
- Jul 8, 2026
Latest episodes
Skrywers en boeke: Henda Olivier (DONKERHART); Erla Diedericks (JAGSPINNEKOP) (opens the original)
Read excerpt
16 September 2026: Aanhangers van die Gruffalo (Goorgomgaai in Afrikaans) sal bly wees om te hoor daar is ‘n splinternuwe boek in dié reeks, GRUFFALO GRANNY. Ilse Salzwedel gesels met Henda Olivier oor haar spannende roman, DONKERHART. Erla Diedericks vertel meer oor JAGSPINNEKOP, haar jongste roman. In Johan Myburg se bydraes oor verwikkelinge in die internasionale boekewêreld gesels hy oor THE WEIGHT OF ANGELS deur John Boyne, ‘n nuwe Engelse vertaling van Homeros se ODUSSEIA, en ‘n rits nuwe
Skrywers en boeke: UJ-Pryse vir Afrikaans en Literêre Vertaling (opens the original)
Read excerpt
8 September 2026: Die Universiteit van Johannesburg se pryse vir Afrikaans en die vertaalprys is op 4 September aan die wenners oorhandig. Luister na ‘n geredigeerde weergawe van dié geleentheid om te hoor wat die keurpaneel te sê gehad het oor Antjie Krog se BINNERYM VAN BLOED, Shane van der Hoven (debuutpryswenner) se KRUIPER/CRAWLER, en Wium van Zyl se vertaling van DIE ONGELUKKIGE EN TREURIGE VERHAAL VAN DIE SKIP DIE GOUDEN BUYS 1963. Jy kan ook luister na die skrywers se aanvaardingstoespra
Skrywers en boeke: Olive Schreiner se VAN MAN TOT MAN; Stefaans Coetzee; M.E.R. (opens the original)
Read excerpt
2 September 2026: Prof. Marni Bonthuys gesels oor VAN MAN TOT MAN, ‘n voorheen ongepubliseerde roman van Olive Schreiner was pas in Afrikaans verskyn het. J.M. Coetzee het die oorspronklike teks verwerk, en Antjie Krog het dit in Afrikaans vertaal. Johan Myburg vertel hoe Dolly Parton – wat verlede week oorlede is – oor haar boekprogram vir kinders gevoel het. Hy stel ons voor aan die Nederlandse skrywer, Anjet Daanje, wat deur kenners genoem word as moontlike wenner van vanjaar se Nobelprys vir
Skrywers en boeke: Elmarie Dercksen - Wat Die Witbors Wou Sê (opens the original)
Read excerpt
26 Augustus 2026: Elmarie Dercksen gesels oor haar tweede roman, WAT DIE WITBORS WOU SÊ. Johan Myburg het nuus oor internasionale boeke, soos DREAM COUNT van Chimamanda Ngozi Adichie, Rachel Cusk se nuwe roman LIFE OF M, THE SCHOOL OF NIGHT van Karl Ove Knausgård, en DISCONTENT van Beatriz Serrano. Hy vertel ook meer oor die onlangse verering van Ann Patchet, en jy kan hoor wat – volgens haar – boeke laat verkoop. As jy in die Noord-Kaap en omstreke woon en graag ‘n gratis skryfskool wil bywoon,
Skrywers en boeke: Carel van der Merwe (opens the original)
Read excerpt
19 Augustus 2026: Carel van der Merwe is bekend as bekroonde skrywer van nie-fiksie. Hy gesels oor sy loopbaan en DIE SERWIËR, ‘n spanningsroman uit sy pen. Ons kyk na die finaliste vir die gesogte KykNET/Rapport-boekpryse. Johan Myburg het heelwat nuus uit die internasionale boekewêreld. Uit Australië is daar nuus oor FIERCELAND, die wenner van die Miles Franklin-prys, asook die boeke op die kortlys vir die Australiese eerste minister se literêre toekennings. Johan vertel meer oor EXIT PARTY, ‘
Publishing over time
Last 90 days. Choose a month to open its work.
Recurring subjects
Named in the text we hold. One piece can cover several.
Audience
No verified audience measurement yet.
About this data
Counts cover the work we have indexed. Tone needs enough text and a confident classification. Excerpts and episode notes are not full articles or transcripts.
Identity or attribution wrong? Suggest a correction.