Pinelands Gemeente
Preke, gesprekke en meditasies vanuit Pinelands Gemeente se wandel met God.
- Indexed episodes, last 90 days
- 14
- Latest publication
- Sep 27, 2026
- Audience
- Checking…
- Earliest in this view
- Jul 6, 2026
Latest episodes
2026 09 27_Fil 2:1-13_In die hart van die loflied (opens the original)
Read excerpt
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · Epiloog by die reeks Filippense 2:1–13 27 September 2026 Koninkrykstyd 18 Uit die tronk skryf Paulus 'n brief om dankie te sê — en in die hart van daardie dankbrief staan 'n loflied, en in die hart van die loflied, die hart van God: 'n Koning wat sy Godheid nie beskou as iets om aan vas te klem nie, maar Homself leegmaak, tot die dood aan 'n kruis. Saam met Richard Rohr se Breathing Under Water sê die preek ons is almal verslaafdes
2026 09 20_Jer 36:20-26_Reddingsboot (opens the original)
Read excerpt
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd Jeremia 36:20–26 20 September 2026 Preek 8 van 8 In 1807 het 'n sendingorganisasie 'n Bybel vir slawe in die Wes-Indiese eilande laat druk waaruit die eerste agtien hoofstukke van Eksodus weggelaat is: die mak God wat reëls gee, was aanvaarbaar — nie die wilde God wat noodkrete hoor en teen die Farao's van die wêreld opstaan nie. Dit is 'n growwe weergawe van wat koning Jojakim in Jer
2026 09 13_2 Kon 22-23_Die vergete boekrol (opens the original)
Read excerpt
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd 2 Konings 22–23 13 September 2026 · Nagmaal Preek 7 van 8 Stel jou voor jy kom ná jare terug by die kerk van jou kindertyd: die hek skeef, 'n ruit stukkend, alles onder stof, en op die kansel 'n Bybel wat niemand meer lees nie. Dit is die prentjie waarmee 2 Konings 22 begin — 'n vervalle tempel, 'n vergete boekrol, 'n fees wat eeue lank nie gevier is nie. Ná sewe Sondae se konings wat
2026 09 06_1 Kon 21_Nie te koop nie (opens the original)
Read excerpt
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd 1 Konings 21 6 September 2026 · Tuindag Preek 6 van 8 Waar is jou hartsplek? Daar is 'n naelstring tussen grond en gees, en juis daarom is die seer rondom grond in ons land so groot. Langs koning Agab se paleis lê Nabot se wingerd, en die koning se aanbod is billik — 'n beter wingerd, of die prys in silwer. Tog sê Nabot nee: "Mag die Here my daarvan weerhou dat ek ooit die erfgrond va
2026 08 30_1 Kon 10:1-13_Solly … is jy hêppie? (opens the original)
Read excerpt
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd 1 Konings 10:1–13 30 Augustus 2026 Preek 6 van 9 Die koningin van Skeba kom kyk self of Salomo so slim en deftig is soos almal sê — en wat sy sien, slaan haar asem weg: "Die helfte is my nie eers vertel nie!" Sy noem die koning se dienaars gelukkig. Maar wie is nie op haar lys nie? Met 'n knipoog na Philip de Vos se Salomo-gedig ("Solly … is jy heppie?") volg die preek die vraag agter
Publishing over time
Last 90 days. Choose a month to open its work.
Recurring subjects
Named in the text we hold. One piece can cover several.
Not enough subject data for this period yet.
Audience
No verified audience measurement yet.
About this data
Counts cover the work we have indexed. Tone needs enough text and a confident classification. Excerpts and episode notes are not full articles or transcripts.
Identity or attribution wrong? Suggest a correction.