Skip to content
HeyJared

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.

Podcast · By RSG · Afrikaans · Official site

Indexed episodes, last 90 days
12
Latest publication
Sep 22, 2026
Audience
Checking…
Earliest in this view
Jul 7, 2026

Latest episodes

  1. Episode · Sep 22, 2026

    Geestesgesondheid: Wie sorg vir die mense wat vir ons sorg? (opens the original)

    Episode notes

    Read excerpt

    22 September 2026: Dokters en ander mediese beroepslui werk elke dag naby aan siekte, pyn, trauma, verlies en soms die dood. Johan van Lill praat met Elzette Fritz oor wat hierdie voortdurende blootstelling aan ’n mens kan doen, waarom emosionele afstand soms nodig is, en hoe mense in die mediese professie hulle empatie en menslikheid kan behou sonder om self onder die gewig van die werk te knak.

  2. Episode · Sep 15, 2026

    Geestesgesondheid: Wanneer verantwoordelik wees oorverantwoordelikheid word (opens the original)

    Episode notes

    Read excerpt

    15 September 2026: Wanneer verander verantwoordelik wees in oorverantwoordelikheid? Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor oorfunksionering: daardie patroon waar jy so gewoond raak daaraan om probleme op te los, ander mense te ondersteun en alles aan die gang te hou, dat jy later skaars agterkom hoeveel jy self dra.

  3. Episode · Sep 8, 2026

    Geestesgesondheid: Tien gesprekke wat jou anders laat dink (opens the original)

    Episode notes

    Read excerpt

    8 September 2026: Johan van Lill deel tien kort uittreksels uit potgooie, TED-praatjies en onderhoude wat hom laat stilstaan en dink het. Van ’n toevallige gesprek met ’n vreemdeling op ’n trein en die behoefte om raakgesien te word, tot musiek en herinneringe, slaap, angs, vriendskap, selfdeernis en rou. Die program eindig in die koue Atlantiese Oseaan waar die filmmaker, Craig Foster, ’n onverwagse ontmoeting met ’n Kaapse otter beleef.

  4. Episode · Sep 1, 2026

    Geestesgesondheid: Hoe fiksie iets waar oor die mens kan vertel (opens the original)

    Episode notes

    Read excerpt

    1 September 2026: Johan van Lillpraat met die skrywer, Frederick Botha, oor sy debuutkortverhaalbundel. Die bundel word as outofiksie beskryf, maar Frederick beklemtoon dat die verhale fiksie is en nie outobiografiese vertellings nie. Johan en Frederick gebruik die verhale as vertrekpunt vir ’n gesprek oor manlikheid, buitestanderskap, familie, geloof, woede, identiteit, selfaanvaarding en die behoefte om te behoort.

  5. Episode · Aug 25, 2026

    Geestesgesondheid: Die waarde van doelbewuste wegbreke (opens the original)

    Episode notes

    Read excerpt

    25 Augustus 2026: Johan van Lill praat met dr, Elzette Fritz oor die waarde van doelbewuste wegbreke vir ons geestesgesondheid. Elzette woon tans ’n kunswegbreek by Pedroskloof in Namakwaland by. Hulle gesels oor waarom afstand, stilte, natuur en kreatiwiteit waardevol kan wees, en hoe ’n mens iets van só ’n ervaring na jou gewone lewe kan terugneem.

Publishing over time

Last 90 days. Choose a month to open its work.

Recurring subjects

Named in the text we hold. One piece can cover several.

Audience

No verified audience measurement yet.

About this data

Counts cover the work we have indexed. Tone needs enough text and a confident classification. Excerpts and episode notes are not full articles or transcripts.

Identity or attribution wrong? Suggest a correction.

See coverage about Geestesgesondheid